No picture uploaded

Taal Kwesies

1
Person likes this
Category: 
Customer Service

Die Bank sal nog beter doen om in elke streek by navrae en kliente dienste tenminste 'n konsultant te ontplooi wat ten minste die tale magtig is wat in die streek die meeste gepraat word!
Ek woon in Port Elizabeth en dikwels is daar konsultante wat nie die tale wat algemeen in PE gepraat word magtig is nie!
Ons praat byvoorbeeld Xhosa, Engels en Afrikaans in ons Stad!
Ek is my hele lewe lang 'n lojole ondersteuner van Standard bank maar voel baie dat lojaliteit niks tel by die bank nie!
Groete
Jurgen

Standard Bank Team's picture

Veeltaligheid word in ons besigheid aangemoedig/Multitude of lan

Veeltaligheid word in ons besigheid aangemoedig

Standard Bank Groep streef daarna om relevant te bly in die gemeenskappe aan wie ons as bank dienste lewer. Ons takke streef gevolglik ook daarna om die gemeenskappe tot diens te wees in die voorkeurtale van daardie gemeenskappe.

Ons moet egter ook voldoen aan wetgewing en riglyne wat deur die regering bepaal word en is afhanklik van die vaardighede wat deur die gemeenskap aangebied word. As daar geen vaardighede uit die gemeenskap en taalgroep beskikbaar is om die besigheid te bedryf nie, is ons genoodsaak om personeel aan te stel wat wel die betrokke bevoegdhede het om t e verseker dat Standard Bank Groep se diensvlakke konsekwent bly.
Alhoewel ons Engels as ons primêre taal gebruik (soos die meeste ander formele besighede in Suid-Afrika), word die personeel in ons takke aangemoedig om kliënte waar moontlik in hul eie taal aan te spreek.

Ons is jammer indien u nie in u eie taal bedien word nie en hoop dat u uit die verduideliking hierbo sal besef dat dit nie ons bedoeling is om u te na te kom nie, maar dat ons daarna streef om net die beste bankdiens aan u te lewer.

Multitude of languages encouraged in our business

Standard Bank Group aims to stay relevant to the communities we serve through banking. Our branches aim to serve to communities in the languages that is preferred by the community.

We do however also have to comply with legislation and government guidelines and are also dependant on the skills offered by the community. If there are no skills available to run the business from the community or that can speak the language, we have to employ staff that does have the relevant competencies to ensure that Standard Bank Group's service levels are consistent.

While we use English as our primary language (as do most formal businesses in South Africa), staff in our branches are encouraged to address customers in their own language wherever possible.

Most active users

Standard Bank Team
zdhoodat
c01240908
Kazeem
Russel Smit
meiks
Rusecorbelia
Daffodil
djd187
Bellinda Carreira

Social networks and links

Find us on Facebook

User login

Login using social networks

Tabs

What has been your favourite Standard Bank competition?:

Tag Cloud